Inligting
- Alle handboeke word gratis aan alle leerders verskaf, behalwe die EBW werkboeke vir Graad 8 en 9 en die IGO werkboeke.
- Daar sal 3 boekkontroles gedurende die jaar plaasvind en dit is elke vakonderwyser se plig om die leerders in sy/haar klas se handboeke te kontroleer teenoor die stafiekodes tydens hierdie kontrole.
- Vakonderwysers moet kontroleer dat leerders se handboeke met plastiek oorgetrek word.
Neem kennis dat alle handboeke gratis aan die leerders verskaf word, met die volgende uitsonderings:
- Graad 8’s betaal R60 vir ‘n EBW werkboek wat hul volgende jaar by hul klasonderwyser sal aankoop.
- Graad 9’s betaal R50 vir hul EBW werkboek wat hul ook volgende jaar by hul klasonderwyser sal aankoop.
- Alle IGO leerders koop hul eie IGO werkboeke. Die werkboeke is beskikbaar by die skool se Boekkamer:
Graad 10: R237
Graad 11: R242
Graad 12: R242
- Ouers is welkom om Ronel Pienaar by die Boekekamer te kontak via epos by boekkamer@durbanvillehs.co.za of telefonies by 021 976 3188.