SAAM MAAK ONS 'N VERSKIL

HSD Durbiebond

Die Doel vir Totstandkoming

Die HSD DURBIEBOND is tot stand gebring as ‘n liggaam om ‘n sterk netwerk te vestig en te volhou ter ondersteuning van die HOËRSKOOL DURBANVILLE en verwante instansies.

Met die “durf om te werk en nie moed te verloor” streef HSD DURBIEBOND om “die roem van die skool te behou, getrou aan ons leuse, LABOR ORNAT” Arbeid Adel.

Kontaknommer: 063 767 0813
E-pos adres: admin@durbiebond.co.za

Visie

Die HSD DURBIEBOND se visie is om te streef na deelname aan, en leiding van, ‘n netwerk ter bevordering van uitnemendheid by HOËRSKOOL DURBANVILLE. Dit geskied deur die vestiging en onderhoud van ‘n sterk etos deur te fokus op beginselvaste karakter en kultuur binne ‘n dinamiese omgewing.

Missie

Die HSD DURBIEBOND se missie is om alle betrokkenes by name OUD-DURBIE, PRO-DURBIE, DURBIE-NET, SKOLIERE en ONDERWYSERS, sowel as die SKOOL en wyer gemeenskap te beywer om die visie en missie te ondersteun. Die missie is voorts om ‘n gesonde gees van samewerking te kweek en ‘n netwerk daar te stel wat sal bydra tot die groei en voortsetting van tradisie deur die skoolkultuur te ondersteun, uit te brei en te bewaar.

Reunies

Besoek die Durbiebond webtuiste vir reüniedatums.