Kultuur

Musiek

Inligting

Die skool beskik tans oor die volgende musiekposte:

  • Me Chrisna Esterhuyse:    Vakhoof, Orkesmeester (juniororkes), Klavier en Dwarsfluit
  • Me Suretha Theron:          Orkesmeester (seniororkes), Klarinet en Saxofoon
  • Mnr Renaldo Wales:          Trompet
  • Me Carin Donson:             Franse Horing
  • Mnr Likhona Tokota:         Tromboon, Eufonium en Tuba

Privaatonderrig by HSD:

  • Mnr John Pringle:            Slagwerk (Drumline, Tromme, Timpani, Xilofoon ens)
  • Me Sarah Theron:            Sang

Musiekonderrig geskied op drie moontlike maniere:

  • (1) Vak – volg die Nasionale Skoolkurrikulum (NSK) : graad 10 – 12 en/of
  • (2) Vak – volg die UNISA-baan (slegs as 8ste vak) : slegs graad 12 en/of
  • (3) Byvak_Ekstra kurrikulêr : graad 8 – 12

Leerders wat musiek as vak in graad 10 wil neem moet aan die volgende vereistes voldoen: Prakties (Instrument) en Teorie: Graad 2 standaard

1. Rooster

Praktiese onderrig geskied deur die loop van die skooldag. Leerders ontvang een les per siklus. Daar word gepoog om so ver moontlik alle leerders tegemoet te kom rakende lestye.

2. Bywoning

Leerders dra self die verantwoordelikheid om hul praktiese lesse by te woon. Dit is nie moontlik om elke periode leerders uit klasse te gaan haal vir ‘n les nie.

Ons kan nie die verantwoordelikheid aanvaar vir lesse wat verlore gaan as gevolg van boeke of instrumente wat vergete gebly het, uitstappies, siekte of wanneer ‘n leerder “vergeet” om sy/haar les by te woon nie.

3. Praktiese Lesstruktuur

Die volgende aspekte verdien aandag:

Toonlere/Tegniek, Repertorium/Solowerke, Ensemblespel, Bladlees en Gehoor.

4. Bladmusiek

Leerders word aangemoedig om ten minste een bladmusiekbundel per jaar aan te koop. Die betrokke onderwyser sal hier behulpsaam wees in die uitoefen van ‘n keuse.

5. Begeleiers

Dit bly leerders se eie verantwoordelikheid om ‘n begeleier te reël vir optredes, eksamens en eisteddfods. Die koste verbonde aan ‘n begeleier word deur die ouers gedra.

6. Fooie

Leerders wat vanaf graad 10 – 12 musiek as vak neem (NSK), ontvang die onderrig van een instrument gratis.

Rekeninge word slegs aan die einde van die eerste kwartaal uitgereik. U kan die volle jaar se fooie vereffen of kwartaalliks betaal. Gelde is slegs by die finansiële kantoor of elektronies betaalbaar en moet asseblief in die musiekrekening van die skool (1900/015) inbetaal word.

Maak asseblief baie seker dat die volgende inligting saam met die betaling verskyn:

Naam van leerder; Graad en seksie; Kwartaal 1/2/3 of 4.

  • 6.1 – Musiek as vak (NSK):                Gratis

  • 6.2 – Byvak:                                     R400 per kwartaal
            (Kwartaal 4 – slegs R200)
            (Graad 8 beginners: kwartaal 1 – slegs R200)

  • 6.3 – Tweede instrument:                 R200 per kwartaal
            (Kwartaal 4 – slegs R100)

  • 6.4 – Orkes administrasiefooi:          R200 per kwartaal
            (Slegs seniororkes: kwartaal 1 – 3)

  • 6.5 – Huur van orkesinstrumente:     R400 per kwartaal

  • 6.6 – Deposito op instrument:          R450 (eenmalig)

7. Musiekteorie

Leerders ontvang UNISA musiekteorie-onderrig op Maandae direk na skool.

  • Graad 1, 2 en 3 – Me S Theron: R400 per kwartaal
  • Graad 4 en 5 – Me C Esterhuyse: R450 per kwartaal

Teoriegelde word slegs vir die eerste drie kwartale gehef aangesien die leerders baie vroeg in die 4e kwartaal hul eksamen aflê. Betaling geskied aan die betrokke onderwyser.

8. Orkes

Alle leerders wat musiek as vak of byvak neem en wat ‘n orkesinstrument bespeel, is verplig om in die blaasorkes te speel aangesien dit deel uitmaak van die opleiding as musikus.

‘n Administrasie fooi van R200 word per kwartaal vir die eerste drie kwartale gehef.

9. Evaluering

Leerders kan vir eksterne eksamens en eisteddfods ingeskryf word op aanbeveling van die onderwyser. Leerders word aangemoedig om ‘n eksterne praktiese en teoretiese eksamen gedurende die jaar af te lê.

10. Staking Van Lesse

Indien ‘n leerder lesse wil staak, moet die vakhoof per  epos daarvan in kennis gestel word.  Indien ‘n leerder sy/haar lesse in die middel van ‘n kwartaal staak, is u steeds verantwoordelik vir die hele kwartaal se fooie.

Navrae

U is welkom om enige probleme / navrae met die betrokke onderwyser of me Esterhuyse per epos te kommunikeer.

C. Esterhuyse
(Vakhoof: MUSIEK)