Inligting
- Alle handboeke word gratis aan alle leerders verskaf.
- Daar sal 3 boekkontroles gedurende die jaar plaasvind en dit is elke vakonderwyser se plig om die leerders in sy/haar klas se handboeke te kontroleer teenoor die stafiekodes tydens hierdie kontrole.
- Vakonderwysers moet kontroleer dat leerders se handboeke met plastiek oorgetrek word.
Skryfbehoeftes en Handboeke
Alle handboeke en werkboeke word gratis aan leerders voorsien. Daar is geen addisionele kostes verbonde nie.
Skryfbehoeftelyste en handboeklyste vir elke graad is hieronder beskikbaar en kan afgelaai word vir u verwysing:
Ouers is welkom om Ronel Pienaar by die Boekekamer te kontak via epos of telefonies by 021 976 3188.
Neem kennis dat alle handboeke gratis aan die leerders verskaf word, met die volgende uitsonderings:
- Graad 8’s betaal R60 vir ‘n EBW werkboek wat hul volgende jaar by hul klasonderwyser sal aankoop.
- Graad 9’s betaal R50 vir hul EBW werkboek wat hul ook volgende jaar by hul klasonderwyser sal aankoop.
- Alle IGO leerders koop hul eie IGO werkboeke. Die werkboeke is beskikbaar by die skool se Boekkamer:
Graad 10: R237
Graad 11: R242
Graad 12: R242