Inligting
Wat in 2013 as ’n beskeie droom met 36 lede begin het, het vandag gegroei tot ’n trotse koor van 140 stemme. Geanker in ons leuse, Labor Ornat (Arbeid Adel), streef die koor na musikale uitnemendheid deur ‘n fokus op musikaliteit, inklusiwiteit, dissipline en pure sangvreugde.
Koorpersoneel
• Dirigent: Maria Viviers (Oud-Durbie)
• Koorbestuurder: Elaine Fourie
• Begeleier: Elmien Truter (Oud-Durbie)
Hoogtepunte & Prestasies
• 2014–2015: Goue toekennings en oorwinnings by die Tygerberg Eisteddfod en Stellenbosch Kunswedstryd.
• 2016–2017: Nasionale wenners (2016) en nasionale 2de plek (2017) by ATKV Applous (Prestige-afdeling).
• 2018–2019: Twee Goue Medaljes by die Wêreldkoorspele (2018); Optrede tydens die Woordfees en verskyning van die dogters-ensemble, Nootloos, in die rolprent Griekwastad (2019).
• 2021–2022: Opeenvolgende ATKV Applous-goud (nasionale 3de plek in 2022) en herhaalde wenners by Tygerberg Eisteddfod.
• 2023: Deelname aan die Amazon Prime-rolprent My Spy II; Nasionale 2de plek by ATKV Applous en wenners van die Tygerberg Eisteddfod.
• 2025: Optrede by die Afrikaans 100-feeskonserte saam met nasionale kunstenaars; Amptelike uitvoering van volksliedere vir die Internasionale o/18-Rugbyreeks.
• 2026: ATKV Applous Goud (Prestige-afdeling), Tygerberg Eisteddfod-finaliste en volkslied-uitvoerings vir die Internasionale o/18-Rugbyreeks.