Fasiliteite

D'Cafe

Inligting

Die D’Café is Hoërskool Durbanville se Kafeteria wat daagliks, tydens- en na skool, kos aan ons Durbies voorsien.

Die D’Café se kombuis is behoorlik ingerig om leerders daagliks van vars kossoorte te voorsien. ‘n Uitgebreide spyskaart maak voorsienning vir verskeie voorkeure en sluit ‘n verskeidenheid maaltye, drinkgoed en lekkernye in. Die D’Café is smiddae tydens sportoefeninge oop en ook tydens tuiswedstryde.