Hoërskool Durbanville

Leefstyl

Die Durbies wil die lewe aangryp en dit stylvol doen. Ons fokus op die holistiese ontwikkeling van ons leerders. Ons ontwikkel, leef en laat lewe.

Noodhulp

Om ander in nood te help verg:

  • ‘n Gewillige hart.
  • ‘n Paraatheid vir elke noodsituasie,
  • Asook effektiewe opleiding.

Mnr & Me Durbie

‘n Hoogtepunt op ons sosiale kalender. Gr. 12 – finaliste betower gehore. Hulle ambassadeurskap word veral in belang van vele liefdadigheidsprojekte aangewend.

Vonkelvrou

Ons vier vrouwees met prag en praal. Vele fasette word belig en die hoofdoelwit is ook fondsinsamelings.

Fotografie

Foto’s leer ons om met waardering na die lewe te kyk en die mooi in alles raak te sien, dit te verewig in kosbare oomblikke. Ons vang herinneringe tydloos vas.

Funksiebestuur

Hier verkry ons leerders talle voorregte om onbaatsugtige diens te lewer. Geleentheidsbeplanning word aangeleer, asook sterk organisatoriese vermoëns.

Bloedskenk

Vandag se skenker is môre se ontvanger. Jy gee van jouself – jy hoef nie bloed uit ‘n klip te tap nie.

Stigtingsdag

Deur te onthou waar ons wortels lê, kan ons uitreik na konstante verdere groei. Die Durbies vier jaarliks HSD se ver-jaarsdag met styl en swier.

B.I.G. (Believe in God)

Hoërskool Durbanville se kernwaardes is gesetel in ons geloof in Christus Jesus en dit is ons strewe om in alles vanuit ons geloof te lewe. “Believe In God” is in 2019 deur die leerders as die nuwe naam vir hierdie belangrike aktiwiteit by Hoërskool Durbanville gekies.

By B.I.G kry leerders en personeel op ‘n vrywillige basis die geleentheid om deel te vorm van ‘n Durbie-familie wat saam met jou stap.

Ons is bevoorreg om ‘n interdenominale span van jeugwerkers, onderwysers, gebedsgroepe en kringleiers te hê wie se harte klop vir Jesus, vir Durbies en om mekaar te bemagtig om ons geloofsoortuiging te kan uitleef hier by Hoërskool Durbanville.

Funksies en Onthale

Onnies en leerders leer oor hoe om ander met behulp van dekor en spyseniering te bederf.

Junior- en Seniorballe, Valentynsbal, sokkies en fliekaande asook Matriekafskeid. Met ‘n aktiewe funksiebestuursgroep verkry ons leerders talle voorregte om onbaatsugtige diens te lewer. Geleentheidsbeplanning word aangeleer asook sterk organisatoriese vermoëns.

Hierdeur verkry ons leerders jolige geleenthede om sosiaal te verkeer, bande te smee en gees te bou.

Klank en Beligting

Durbanville bied aan leerders die geleentheid om ‘n kursus in Klank en Beligting te doen waarvoor kundiges van buite gekontrakteer word.

Van hierdie leerders wat die kursus suksesvol voltooi, word dan aangewend om die klank en beligting te doen vir funksies in die skool.