Kultuur

Openbare Redevoering

Inligting

Openbare Redevoering bestaan uit twee aktiwiteite: DEBAT en REDENAARS. Hier leer jy vaardighede wat jou die res van jou lewe baie goed te pas sal kom.

Die Hoërskool Durbanville het hom die afgelope twee jaar gevestig as die Wes-Kaap se sterkste skool op die gebied van Openbare Redevoering.

Debat

(2022-prestasies)

ATKV Debatskompetisie

  • Junior Debatspan: Nasionaal 3de (3 spanne in finaal)
  • Senior Debatspan: 2 spanne in nasionale semifinaal, 1 in finaal

Con Spirito Debatskompetisie

  • Junior Debatspan: Nasionaal 4de (3 spanne in finaal)
    Junior Debatspan: Beste Taalgebruiker in Junior afdeling
  • Senior Debatspan: Nasionaal 5de, (3 spanne in finaal)
  • Een span aangewys as die Wes-Kaap se top senior Debatspan

Dink-of-Sink Debatskompetisie

  • Senior span behaal Nasionaal 2de plek

Redenaars

ATKV Redenaarskompetisie:

2022: Afrikaans Huistaal, Voorbereid

  • Durbanville lewer die nasionale wenner in die senior kategorie (Gr 10 – 12)
  • Durbanville lewer die Beste Senior Taalgebruiker in die kompetisie.