Fasiliteite

Koshuis

koshuis (3)2

Die Hoërskool Durbanville beskik oor die enigste Koshuis in die Noordelike Voorstede.

Leerders kom van heinde en vêr om die Durbie-leefstyl te ervaar. Die Koshuis is ‘n huis weg van die huis af vir leerders en bied elkeen die geleentheid om op alle vlakke, tot hul volle potensiaal te ontwikkel.

Hoërskool Durbanville Koshuis bied ‘n veilige omgewing vir leerders.

koshuis (1)

Die Koshuis beskik oor sy eie kombuis, wasgeriewe, rekenaars met internettoegang, WiFi, ‘n klein gimnasium vir leerders en genoeg ruimte om te speel.

koshuis (5)

Die Koshuis bied leerders ‘n gesonde roetine en poog om leerders selfstandig groot te maak.

koshuis (4)

Daar word goeie dissipline gehandhaaf en leerders kry die geleentheid om saans twee studiesessies by te woon in die Studiesaal. Leerders wat studieregte het, kan in hul kamers studeer.