Fasiliteite

Aktiwiteitsentrum

Inligting

Die Hoërskool Durbanville beskik oor ‘n Meerdoelige Aktiwiteitsentrum, met ‘n volle toegeruste Kafeteria (D’Café) wat leerders pouses en na skool bedien.

Die Aktiwiteitsentrum word 2019 in gebruik geneem en Durbanville se Eerste Netbalspan klop Bloemhof in die amptelike openingswedstryd van hierdie fasiliteit.

Die Aktiwiteitsentrum word meerdoelig aangewend vir binnenshuise netbal en hokkie, massa saalbyeenkomste, funksies en dien as ‘n eksamenlokaal vir die Matrieks. In 2022 word die Matriekafskeid vir die eerste keer in die Aktiwiteitsentrum aangebied.