Inligting
Op toneelgebied is die Hoërskool Durbanville bekend as een van die toonaangewende skole in die land. Ons bied hierdie aktiwiteit op twee vlakke aan:
Eenbedryf
- Durbanville – drie maal die nasionale wenner van die ATKV Tienertoneelkompetisie.
- In 2022 haal een van ons toneelstukke weer die top 10 (uit 172 toneelstukke).
Individuele Afrigting
Durbanville se leerders skryf jaarliks in vir ‘n verskeidenheid individuele kompetisies:
- Nasionale Toneelspelkompetisie:
Ons het al by ‘n paar geleenthede die nasionale wenner opgelewer en rolle in professionele toneelstukke en radiodramas losgespeel. - ATKV Digi-Toneel:
‘n Verfilmde monoloogkompetisie, in 2022 – nasionaal 3de plek verower. - Con Spirito Monoloogkompetisie:
Seniors: Ons lewer ‘n nasionale wenner.
Juniors: Een leerder dring deur na die landsfinaal. - KKNK-Dramaweb:
Gr 12 – nasionaal 2de in graadgroep, plus nog twee leerders onder die top 10.