Hoërskool Durbanville

Koshuis

Die Hoërskool Durbanville Koshuis open sy deure in 1942.

Leerders van die omliggende gebiede, plase en so vêr as Namibië gaan in die Koshuis tuis. Vandag akkommodeer die Koshuis steeds leerders uit die omliggende gebiede bv. Brackenfell, Plattekloof, Melkbosstrand, maar ook so vêr as die Boland, Gauteng, die Noord- en Suid-Kaap, en die Weskus.

Leerders kom van heinde en vêr om die Durbie-leefstyl te ervaar.

Die Koshuis bied ‘n huislike atmosfeer en is leerders se huis, weg van die huis af en bied elkeen die geleentheid om op alle vlakke, tot hul volle potensiaal te ontwikkel.

koshuis (5)
koshuis (1)
koshuis (4)

Aansoeke

Om aansoek om verblyf in die koshuis te doen, laai asb die Aansoekvorm en Vertroulike Verslag af.

Die Durbanville Skoolkoshuis streef daarna om ‘n gesonde en ordelike omgewing vir die inwoners te verskaf. Om dit te handhaaf, word alle inwoners verbind tot ‘n gedragskode.

Skakel gerus die Superintendent vir enige navrae in verband met die Durbanville Skoolkoshuis.