Fasiliteite

Akademie

Inligting

Alle klaskamers bevat witborde en dataprojektors. Daar is ook verskeie interaktiewe witborde tot beskikking. Leerders het toegang tot drie internet-gekoppelde rekenaarsentrums. Leerders kry elkeen hul eie wagwoord en profiel, waarmee hulle Teams kan gebruik tot versterking van die akakdemiese leerproses.

Die skool is toegerus met ‘n Kunsklas, Dramaklas en Ouditorium, waar leerders hul vlerke kan sprei op die verhoog. Die skool beskik oor Tegnologie-, Verbruikerstudie- en verskeie Lewenswetenskap en Fisiese Wetenskap laboratoriums. In die goed toegeruste musiekblok word leerders in verskeie instrumente onderrig.