Wat is SGOS?
Me Suzaan Minnie
Die Skoolgebasseerde Ondersteuningspan (SGOS) bestaan uit ‘n toegewyde span onderwysers wat leerders help om hul unieke potensiaal te ontwikkel en leerhindernisse te oorkom. Hierdie opgeleide onderwysers is ook daar om leerders toe te rus om vaardighede te ontwikkel om daagliks in die skoolstelsel te kan funksioneer ten spyte van leerhindernisse.
Ons kerndoel as skool is akademies van aard. Dit is dus van die uiterste belang dat alle leerders die hulp ontvang wat nodig is om hulle volle potensiaal te bereik.
Akademiese Ondersteuning
Me Rocelle Jordaan
Me Jordaan ondersteun leerders as volg:
- Psigometriese assesserings
- Spesiale intervensie
- Konsessies
- Studieroosters
- Remediërende ondersteuning
- Akademiese leiding en bestuur
Beroepsvoorligting
Me Viviers
Me Viviers ondersteun leerders as volg:
- Ouerleiding
- Indiensblootstelling
- Loopbaanvoorligting
- Vakkeuse leiding en verandering
Ondersteuning
Mnr Ivan Jooste
Mnr Jooste ondersteun leerders as volg:
- Spesiale intervensie
- Algemene berading
- Verslawingsberading
- Sportmotivering
Lewensleiding
Me Sucelle Erasmus
Me Erasmus ondersteun leerders as volg:
- Berading
- “Life Coaching”
- Spesiale intervensie
- Liefdadigheidsprojekte
Risikobestuur
Mnr Sakkie van der Westhuizen
Mnr Robin Pearton
Mnre van der Westhuizen en Pearton ondersteun leerders as volg:
- Algemene skoolveiligheid
- Toegangsbeheer
- Dissipline
- Middelmisbruik