Geskiedenis van Durbanville
Durbanville se onstaan dateer terug na ‘n varswater fontein in die dorp.
Die fontein is agter die Durbanville Kinderhuis geleë. Vandaar het ‘n klofie die water gelei na ‘n dam agter die Stadsaal. Die fontein is deur die VOC (Verenigde Oos-Indiese Kompanjie) in die middel 1600’s geoogmerk om as ‘n waterstasie gebruik te word vir reisigers wat vanaf Kaapstad oppad na die binneland van Suid-Afrika was.
Die skool in 1950 op die bestaande terrein in Langenhovenstraat.
Durbanville het oorspronklik as Pampoenkraal bekendgestaan. Hierdie naam was aan die dorp gegee a.g.v. die pampoene wat welig om die dam, agter die dorp se Stadsaal gegroei het. As gevolg van die fontein het Pampoenkraal die voorkeur rusplek vir reisigers, oppad na die binneland, geraak. Vryburgers het hulle tydens die laat 1600’s, in die Koeberg gevestig. Die VOC het plase, rondom die dorp, geallokeer. Sommige van hierdie plase bestaan vandag nog bv. Bloemendal, Meerendal, Diemersdal en Altydgedacht.
In 1825 het ‘n groep plaaslike boere toestemming van Lord Charles Somerset gevra om hul eie kerk te bou. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is in 1826 ingewei en die skool in 1827.
H.F. Mellet was die eerste voorleser in die kerk op Sondae en onderwyser tydens die week. Die “lesersgebou” was gebruik. In 1836 word Tygerberg, D’Urban en in 1886 Durbanville.
Mellet dien tot 1838 en na hom kom J. Frylinck, C.J. Ackerman, F.J. de Beer en George Hodgson.
Die eerste offisiële skoolgebou word in 1851 voltooi in Hoofstraat, oorkant die huidige Stadsaal. In 1854 word J.F.W. Roth skoolhoof. Na Roth in 1859 kom E.B. Auret, in 1861 Jacob Hoek, in 1865 G.A. D’Arcy en in 1872 H.M. Dreyer.
So lyk ons skool vandag.
Onlangse Tye
Aan die einde van 1874 kon die skoolgebou, a.g.v. onderhoudsprobleme nie meer gebruik word nie en ‘n nuwe ene was nog nie gereed nie. Die hofgebou in Wellingtonweg was tydelik as ‘n skool gebruik, totdat die gebou in Gladstonestraat op 25 Julie 1875 ingewei is.
In 1875 word A.A. Pocock die skoolhoof. T. Craig neem in 1884 oor, A. Bain in 1886 en C.J. Haefele in 1887. Hy bly vi ramper 33 jaar. ‘n Nuwe gebou was in 1897 voltooi en in 1921 word D.F. Hugo skoolhoof. In 1936 was daar 204 leerders. P.J. Ehlers word hoof in 1941 en Dr. J.J.G. Grobbelaar in 1942.
In 1942 maak die Durbanville School Koshuis se deure oop en verwelkom leerders van die plaaslike plase en omliggende areas, maar ook leerders so ver as Namibië.
A.K. de Jager neem oor in 1943. C.M. Stimie word in 1951 aangestel. Die nuwe Hoërskool gebou word voltooi in 1951 en ingewei aan die begin van 1952. In 1955 word die Laerskool ‘n aparte skool. Die Munisipaliteit koop die ou gebou en omskep dit in kantore en ‘n publieke biblioteek. Toe C.M. Stimie vertrek na Pretoria aan die begin van 1970 om die Hoof Redakteur van die Menslike Wetenskap Navorsingsraad te raak, was daar meer as 600 leerders. Die nuwe skoolhoof was A.A.J. van Niekerk en was opgevolg in 1974 deur O.M. Firmani.
Tydens die 70’s beleef Durbanville ‘n bevolkingsontploffing. Hoërskool Durbanville het meer as 1000 leerders in 1976, meer as enige ander hoërskool in die Kaapprovinsie.
‘n Tweede hoërskool, Fairmont het sy ontstaan in 1977 en Hoërskool Durbanville raak ‘n Afrikaans medium skool.
In 1985 word J.W.L. Bezuidenhout skoolhoof, gevolg deur G. Germishuys in 1997. Hy bly 22 jaar, tot sy aftrede in 2019. Germishuys word opgevolg deur C.F. Venter in 2020.
Skool Lied
Oor Koeberg se heuwels met golwende graan,
ons blik op die Ooste die oggendson staan.
Simbool van die jeug met die toekoms nog voor,
die durf om te werk en nie moed te verloor.
Dit sterk en verdiep ons geloof en ons trou
aan ons skool en ons leuse: Labor Ornat.
Ons sal werk om die roem van die skool te behou –
getrou aan ons leuse, Labor Ornat.
Die Hede
Ons skool het tans 1390 leerders en 80 onderwysers, sowel as ondersteunende personeel vir sport en kultuuraktiwiteite. Die skool beskik ook oor sy eie boekekamer en klerewinkel.
‘n Splinternuwe Meerdoelige Sentrum , met kafeteria en klubhuis word in Junie 2019 in gebruik geneem. Die sentrum word aangewend vir binneneshuise hokkie en netbal.
In 2022 word die Durbiebond Klubhuis in gebruik geneem vir al ons Oud-Durbies, Durbie-Ouers en Durbie-Ondersteuners. ‘n Hoë Prestasie Sentrum (HPC) word in Januarie 2022 ingewy en in April 2022 word ‘n voltydse Fisiopraktyk, Aucamp & Wilsdorf aangebring in die HPC
Ons fokus op ontwikkeling op vier kerngebiede:
1. AKADEMIE
By die Hoërskool Durbanville word onderwys op ‘n professionele, voortreflike en aanpasbare wyse aangebied. ‘n Vrugbare leeromgewing word geskep waar die filosofie van opvoeding berus op verdraagsaamheid, voortreflikheid, respek, selfdissipline en lojaliteit.
Die Hoërskool Durbanville spog met uitstekende prestasies en ontvang jaarliks verskeie akademiese toekennnings vir tale en wiskunde. Ons leerders beklee ook jaarliks die gesogte Wes-Kaap Merietelys en in 2017 behaal Matthys Carstens nasionaal die algehele tweede posisie in die Matriekeindeksamen met 97,14%.
Ons bied ’n wye vakkeuse, en ’n verskeidenheid bykomende vakke aan om ons leerders voor te berei vir die arbeidsmark en tersiêre opleiding.
2. KULTUUR
Hoërskool Durbanville bied ’n magdom kreatiewe geleenthede, en is wyd bekend vir uitmuntende verhoogproduksies, wat musikale blyspele, toneel, Mnr en Mej Durbie en ons eie Tienertoneelfees insluit. Ons blaasorkes tree gereeld op en en neem deel aan kompetisies regoor S.A. Ons gemengde koor staan onder leiding van Maria Rademan-Viviers.
3. LEIERSKAP
3. SPORT
Professionele sportafrigters brei ons verskeie sportspanne en sorg dat leerders met selfvertroue deelneem en presteer. Top klas geriewe soos ‘n Meerdoelige Aktiwiteitsentrum vir binnenshuise sport, Hoë Prestasie Sentrum en Fisiopraktyk stel Durbanvillers in staat om op die hoogste vlak in SA sport te presteer.
Durbanville lewer jaarliks verskeie provinsiale sowel as nasionale kampioene.
Studente Atlete kry die geleentheid om op die sportveld sowel as in die klaskamer te presteer