DURBANVILLE WEN INTERSKOLE KRIEKET

Hoërskool Durbanville se 1ste Krieketspan het vanjaar puik resultate opgelewer. 

Dié span, sowel as die o14A’s word tans onder die top-25 skole in Suid-Afrika gelys volgens die SA School Sports ranglys vir krieket.

Durbanville het die afgelope week Stellenberg geklop om vir die tweede agtereenvolgende jaar die in die finaal van die WPNS Uitklop kompetisie te speel.

Op Saterdag 25 Februarie 2023 speel Durbanville Interskole krieket teen Stellenberg. Stellenberg word uitgeboul vir 77 lopies en Durbanville haal die teiken met 6 paaltjies plat. Durbanville wen die Interskole wedstryd met 4 paaltjies en kwalifiseer vir die eindstryd van die WPNS Krieketliga.

Ons wens ons spelers en afrigters sterkte toe vir die finale van die WPNS Uitklop sowel as die WPNS Liga. 

#TrotsDurbanville