DURBANVILLE WEN TOP 4 ATLETIEK 

Die Hoërskool Durbanville het op Vrydag 10 Februarie 2023 sy Top4 Atletiektitel suksesvol verdedig op Coetzenburg in Stellenbosch.

Hoërskool Durbanville se pawiljoen het die “Flashes” beker gewen, terwyl Hoërskool Brackenfell vanjaar die Geesbeker verower het.

Durbanville se atlete het hul staal gewys en 16 van 30 rekords, op die dag, gebreek.

Hoërskool Durbanville wen vanjaar die volgende bekers:
Top 4 Atletiekbeker
Beste Dogterspan
Beste Seunspan
o14 Victor & Victrix Ludorum
o17 Victor & Victrix Ludorum
Beste Individuele Prestasie dogters (ASA tabel)
Beste Individuele Prestasie seuns (ASA tabel)
“Flashes” beker

Digi TV het vanjaar se Top 4 Atletiek lewendig uitgesaai. Dankie ook aan die noodhulp, personeel en ondersteuningspanne van die verskeie skole en Durbanville se fisios, Aucamp en Wilsdorf.

Dankie vir die sportmangees waarmee die skole kon meeding en sterkte vir die res van die atletiekseisoen.

Baie geluk Durbies, die Durbanville-gemeenskap is trots op julle.

#TrotsDurbanville