Wat is SGOS?
Die Skoolgebaseerde Ondersteuningspan (SGOS) bestaan uit ‘n toegewyde span onderwysers wat leerders help om hul unieke potensiaal te ontwikkel en leerhindernisse te oorkom. Hierdie opgeleide onderwysers is ook daar om leerders toe te rus om vaardighede te ontwikkel om daagliks in die skoolstelsel te kan funksioneer ten spyte van leerhindernisse.
Ons kerndoel as skool is akademies van aard. Dit is dus van die uiterste belang dat alle leerders die hulp ontvang wat nodig is om hulle volle potensiaal te bereik.
Me Suzaan Minnie
Akademiese Ondersteuning & Beroepsvoorligting
Me Rocelle Jordaan
Me Jordaan ondersteun leerders as volg:
- Psigometriese assesserings
- Ouerleiding
- Loopbaanvoorligting
- Vakkeuse leiding en verandering
- Studieroosters
Akademiese Ondersteuning & Konsessies
Me Karin Coetzee
Me Coetzee ondersteun leerders as volg:
- Spesiale intervensie
- Konsessies
- Remediërende ondersteuning
- Akademiese leiding en bestuur
Ondersteuning
Me Viviers
Me Viviers ondersteun leerders as volg:
- Algemene berading
- Spesiale intervensie
- Selfskending
Ondersteuning
Me Sucelle Erasmus
Me Erasmus ondersteun leerders as volg:
- Algemene berading
- “Life Coaching”
- Liefdadigheidsprojekte