Matriekuitslae 2025
Hierdie uitslae weerspieël nie net die harde werk en deursettingsvermoë van ons leerders nie, maar ook die ongelooflike toewyding van elke onderwyser wat kwaliteit onderrig nastreef.
Ons skool se prestasies van 2025 bevestig dat ons volhoubaar groei en dat ons leerders elke jaar sterker vaar. Ons is trots op die provinsiale en nasionale erkenning wat verwerf is en op die positiewe tendense in ons sistemiese groei oor drie jaar.
Hieronder volg ‘n opgesomde oorsig van die skool se akademiese prestasies vir 2025.
1. Vakprestasieplasings (Wes-Kaap, Metro en Nasionaal)
| Vak | Plasing / Erkenning |
| Ingenieursgrafika en Ontwerp (IGO) | 4de in die Wes-Kaap 1ste in Metro Noord 2de op die SOS se lys vir top 20 skole met die meeste onderskeidings 11de op die SOS nasionale merietelys |
| Wiskunde | 16de in die Wes-Kaap; 2de in Metro. 10de op die SOS nasionale merietelys |
| English Home Language | 2de in Metro-Noord 9de in die Wes-Kaap |
| English FAL | 2de in Metro-Noord 6de in die Wes-Kaap 5de op die SOS nasionale merietelys |
| Rekeningkunde | 1ste in die Wes-Kaap; 71% onderskeidings (SOS) 6de op die SOS nasionale merietelys |
| Lewenswetenskappe | 6de in Metro-Noord |
| Afrikaans | 3de in Metro-Noord 5de op die SOS nasionale merietelys |
| Musiek | 1ste in die Wes-Kaap |
| Toerisme | 1ste in Metro-Noord |
| Inligtingstegnologie | Hoogste onderskeidingspersentasie onder Afrikaans-enkelmediumskole 13de op die SOS nasionale merietelys |
| Wiskunde Geletterdheid | 19de op die SOS nasionale merietelys |
| Fisiese Wetenskap | 15de op die SOS nasionale merietelys |
*Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) publiseer jaarliks nasionale merietelyste wat skole rangskik volgens hul akademiese uitnemendheid, gebaseer op gestandaardiseerde, landwye data.
2. NSS-prestasie (Matriek 2025)
| Prestasie | Resultaat |
| Slaagsyfer | 100% |
| Baccalaureus-toegang | 95% |
| A-Kandidate | 78 |
| Totaal onderskeidings | 708 |
| Nasionale merietelyste | Enigste skool in SA op al 8 SOS merietelyste |
| Nasionale posisie | 7de vir meeste onderskeidings |
| Wes-Kaap posisie | 2de vir onderskeidings per kandidaat (Afrikaanse skole) |
3. Provinsiale en Nasionale Toekennings (WKOD en SOS)
| Liggaam | Toekenning |
| WKOD | 2de plek: Grootste toename in BA-toegang (2023–2025) |
| WKOD | 2de plek: Grootste toename in totaal onderskeidings |
| WKOD | Top 20 skool: Posisie 18 vir uitnemende akademiese prestasie |
| SOS | Enigste skool in SA op al 8 nasionale merietelyste |
| SOS | 7de nasionaal vir meeste onderskeidings |
| SOS | 2de in Wes-Kaap vir onderskeidings per kandidaat (Afrikaanse skole) |
4. Sistemiese Toetse: Groei oor Drie Jaar (2023–2025)
| Vak | 2023 | 2024 | 2025 |
| Wiskunde: Slaagpersentasie | 87.5% | 91.6% | 92.3% |
| Wiskunde: Gemiddeld | 69.8% | 73.2% | 74.5% |
| Afrikaans: Slaagpersentasie | 92.3% | 90.6% | 94.0% |
| Afrikaans: Gemiddeld | 72.6% | 70.5% | 71.7% |
Ons is dankbaar vir die ondersteuning van elke ouer en voog wat saam met ons gestaan het. Die sukses wat ons vier behoort aan julle kinders, maar ook aan julle wat hul groei help dra. Dankie dat julle ons vertrou het met hul toekoms.
Ons sien uit na volgehoue akademiese groei.
Vriendelike groete
Me J de Wet
AKADEMIESE BESTUURDER