Senior Blaasorkes

Die Senior Blaasorkes tree gereeld by feeste, ander belangrike geleenthede en by spesiale funksies by die skool op.

  • Hulle verwerf konsekwent Hoogste Lof by die Tygerberg Internasionale Eisteddfod waar hulle vir ses jaar agtereenvolgens as beste Blaasorkes aangewys is.

  • 2015-2018: Ontvang die medalje vir die beste Simfoniese Blaasorkes by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod.

  • 2019: Oud-Durbies van die Senior Blaasorkes open saam met ons koor en Johan Rademan die Woordfees met ‘n uitmuntende produksie by die Spier Landgoed se buitelugteater.

  • 2021: Verwerf Goud Plus (85%+) by die Stellenbosch Eisteddfod en ‘n Diploma (90%+) by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod.

  • 2021: Senior Blaasensemble is kategoriewenners by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod, verwerf Goud (80%+) by die Stellenbosch Eisteddfod.

  • 2022: Gasheer vir die jaarlikse Windworx Orkestefees en verwerf ‘n goue toekenning.

  • 2022: Kategoriewenners by Tygerberg Eisteddfod en presteer gemiddeld bo 90% by Eisteddfods.
    • 2023: Neem deel aan 3 Eisteddfods (Tygerberg, Con Spirito en Windworx Fanfare)  met ‘n gemiddelde persentasie 92%.

  • 2024: 45-jarige bestaansjaarviering. Verwerf Hoogste Lof by Tygerberg Eisteddfod. Kategoriewenners by Nasionale Orkestekompetisie, Symphonia, in George.

  • 2025: Hoogste lof – Windworx Fanfare en Tygerberg Eisteddfod. Bied eerste Kersfees Fanfare aan.

Junior Blaasorkes

Dié orkes is saamgestel uit graad 8- (beginners) en graad 9-blaasinstrument-leerders. Die doel van die Junior orkes is om beginners op te lei in orkesspel en dien as ‘n oorbrugging na die Senior Blaasorkes. Die Junior orkes behaal jaarliks by Eisteddfods gemiddeld hoër as 80%

  • 2022: Die Junior Klarinetensemble is kategoriewenners by die Tygerberg Eisteddfod.
    • 2023: Neem deel aan 2 Eisteddfods (Kaapse Afrikaanse Eisteddfod, Tygerberg Eisteddfod).

  • 2024: Verwerf Hoogste Lof by Tygerberg Eisteddfod. Naaswenners van Blaasorkestekategorie by Nasionale Orkestekompetisie, Symphonia, in George.

  • 2025: Verwerf Hoogste Lof by Tygerberg Eisteddfod en word aangewys as kategoriewenners.

Drumline

Marsjeerorkes

‘n Junior en Senior Drumline ontvang professionele afrigting by die skool.

  • By drie geleenthede wat hulle aan die Nasionale Kompetisie vir Suid-Afrikaanse Marsorkeste deelgeneem het, word hulle gekroon as die beste marsorkes in SA.

  • 2025: Ontvang Hoogste Lof by Tygerberg Eisteddfod. Tree by feeste en sportgeleenthede op.