Kultuur

Musiek

Inligting

Die skool beskik tans oor die volgende musiekposte:

  • Me Chrisna Esterhuyse:  Departementshoof, Orkesmeester (junior orkes), Klavier en Dwarsfluit
  • Me Suretha Theron:        Orkesmeester (senior orkes), Klarinet en Saxofoon
  • Me Carin Donson:           Franse Horing en Trompet
  • Mnr Likhona Tokota:       Trompet, Tromboon, Eufonium en Tuba
  • Me Jonina Myburgh:       Fluit
  • Mnr David Cyster:          Saxofoon en Klarinet

Privaatonderrig by HSD:

  • Mnr John Pringle:            Slagwerk (Drumline, Tromme, Timpani, Xilofoon ens)
  • Me Sarah Theron:            Sang

Musiekonderrig geskied as volg:

  • (1) Vak – volg die Nasionale Skoolkurrikulum (NSK) : graad 10 – 12 en/of
  • (2) Ekstra kurrikulêr : graad 8 – 12

Leerders wat musiek as vak in graad 10 wil neem moet aan die volgende vereistes voldoen: Prakties (Instrument) en Teorie: Graad 2/3 standaard.

1. Rooster

Praktiese onderrig geskied deur die loop van die skooldag. Daar word gepoog om so ver moontlik alle leerders tegemoet te kom rakende lestye.

2. Bywoning

Leerders dra self die verantwoordelikheid om hul praktiese lesse by te woon. Dit is nie moontlik om elke periode leerders uit klasse te gaan haal vir ‘n les nie.

Ons kan nie die verantwoordelikheid aanvaar vir lesse wat verlore gaan as gevolg van boeke of instrumente wat vergete gebly het, uitstappies, siekte of wanneer ‘n leerder “vergeet” om sy/haar les by te woon nie.

3. Praktiese Lesstruktuur

Die volgende aspekte verdien aandag:

Toonlere/Tegniek, Repertorium/Solowerke, Ensemblespel, Bladlees en Gehoor.

4. Bladmusiek

Leerders word aangemoedig om ten minste een bladmusiekbundel per jaar aan te koop. Die betrokke onderwyser sal hier behulpsaam wees in die uitoefen van ‘n keuse.

5. Begeleiers

Dit bly leerders se eie verantwoordelikheid om ‘n begeleier te reël vir optredes, eksamens en eisteddfods. Die koste verbonde aan ‘n begeleier word deur die ouers gedra.

6. Fooie

Leerders wat vanaf graad 10 – 12 musiek as vak neem (NSK), ontvang die onderrig van een instrument gratis.

Rekeninge word aan die einde van die eerste kwartaal uitgereik en sal op u skoolfondsstaat onder projekte verskyn. U kan die volle jaar se fooie vereffen of kwartaalliks betaal.

  • 6.1 – Vak (Slegs Graad 10 – 12):                Gratis
  • 6.2 – Ekstra kurrikulêr (Graad 8 – 12):      R500 (x 3 kwartale)
  • 6.3 – Tweede instrument:                         R250 (x3 kwartale)
  • 6.4 – Orkes administrasiefooi:                  R215 (x3 kwartale)
  • 6.5 – Huur van orkesinstrumente:             R450 (x4 kwartale)
  • 6.6 – Deposito op instrument:                  R500 (eenmalig)

7. Musiekteorie

Leerders ontvang UNISA musiekteorie-onderrig op Maandagmiddae vanaf 14:10 – 15:10.

  • Graad 1, 2 en 3 – Me S Theron: R430 per kwartaal
  • Graad 4 en 5 – Me C Esterhuyse: R480 per kwartaal

Teoriegelde word slegs vir die eerste drie kwartale gehef aangesien die leerders baie vroeg in die 4e kwartaal hul eksamen aflê.

Rekeninge word slegs aan die begin van die eerste kwartaal uitgereik en sal op u skoolfondsstaat onder projekte verskyn. U kan die volle jaar se fooie vereffen of kwartaalliks betaal.

8. Orkes

Alle leerders wat onderrig in ’n blaasinstrument by HSD ontvang, is verplig om in die blaasorkes te speel.

‘n Administrasie fooi van R215 word per kwartaal vir die eerste drie kwartale gehef.

9. Evaluering

Leerders kan vir eksterne eksamens en eisteddfods ingeskryf word op aanbeveling van die onderwyser. Leerders word aangemoedig om ‘n eksterne praktiese en teoretiese eksamen gedurende die jaar af te lê. Interne evaluerings geskied een maal per jaar.

10. Staking Van Lesse

Indien ‘n leerder lesse wil staak, moet die vakhoof per  epos daarvan in kennis gestel word.  Indien ‘n leerder sy/haar lesse in die middel van ‘n kwartaal staak, is u steeds verantwoordelik vir die hele kwartaal se fooie.

Navrae

U is welkom om enige probleme / navrae met die betrokke onderwyser of me Esterhuyse per epos te kommunikeer.

C. Esterhuyse
(Vakhoof: MUSIEK)