Akademie

Algemeen

Matriekuitslae 2025

Hierdie uitslae weerspieël nie net die harde werk en deursettingsvermoë van ons leerders nie, maar ook die ongelooflike toewyding van elke onderwyser wat kwaliteit onderrig nastreef.

Ons skool se prestasies van 2025 bevestig dat ons volhoubaar groei en dat ons leerders elke jaar sterker vaar. Ons is trots op die provinsiale en nasionale erkenning wat verwerf is en op die positiewe tendense in ons sistemiese groei oor drie jaar.

Hieronder volg ‘n opgesomde oorsig van die skool se akademiese prestasies vir 2025.

1. Vakprestasieplasings (Wes-Kaap, Metro en Nasionaal)

VakPlasing / Erkenning
Ingenieursgrafika en Ontwerp (IGO)4de in die Wes-Kaap
1ste in Metro Noord
2de op die SOS se lys vir top 20 skole met die meeste onderskeidings
11de op die SOS nasionale merietelys
Wiskunde16de in die Wes-Kaap;
2de in Metro.
10de op die SOS nasionale merietelys
English Home Language2de in Metro-Noord
9de in die Wes-Kaap
English FAL2de in Metro-Noord
6de in die Wes-Kaap
5de op die SOS nasionale merietelys
Rekeningkunde1ste in die Wes-Kaap; 71% onderskeidings (SOS)
6de op die SOS nasionale merietelys
Lewenswetenskappe6de in Metro-Noord
Afrikaans3de in Metro-Noord
5de op die SOS nasionale merietelys
Musiek1ste in die Wes-Kaap
Toerisme1ste in Metro-Noord
InligtingstegnologieHoogste onderskeidingspersentasie onder Afrikaans-enkelmediumskole
13de op die SOS nasionale merietelys
Wiskunde Geletterdheid19de op die SOS nasionale merietelys
Fisiese Wetenskap15de op die SOS nasionale merietelys

*Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) publiseer jaarliks nasionale merietelyste wat skole rangskik volgens hul akademiese uitnemendheid, gebaseer op gestandaardiseerde, landwye data.

 

2. NSS-prestasie (Matriek 2025)

PrestasieResultaat
Slaagsyfer100%
Baccalaureus-toegang95%
A-Kandidate78
Totaal onderskeidings708
Nasionale merietelysteEnigste skool in SA op al 8 SOS merietelyste
Nasionale posisie7de vir meeste onderskeidings
Wes-Kaap posisie2de vir onderskeidings per kandidaat (Afrikaanse skole)

 

3. Provinsiale en Nasionale Toekennings (WKOD en SOS)

LiggaamToekenning
WKOD2de plek: Grootste toename in BA-toegang (2023–2025)
WKOD2de plek: Grootste toename in totaal onderskeidings
WKODTop 20 skool: Posisie 18 vir uitnemende akademiese prestasie
SOSEnigste skool in SA op al 8 nasionale merietelyste
SOS7de nasionaal vir meeste onderskeidings
SOS2de in Wes-Kaap vir onderskeidings per kandidaat (Afrikaanse skole)

 

4. Sistemiese Toetse: Groei oor Drie Jaar (2023–2025)

Vak202320242025
Wiskunde: Slaagpersentasie87.5%91.6%92.3%
Wiskunde: Gemiddeld69.8%73.2%74.5%
Afrikaans: Slaagpersentasie92.3%90.6%94.0%
Afrikaans: Gemiddeld72.6%70.5%71.7%

Ons is dankbaar vir die ondersteuning van elke ouer en voog wat saam met ons gestaan het. Die sukses wat ons vier behoort aan julle kinders, maar ook aan julle wat hul groei help dra. Dankie dat julle ons vertrou het met hul toekoms.

Ons sien uit na volgehoue akademiese groei.

Vriendelike groete
Me J de Wet
AKADEMIESE BESTUURDER