DURBANVILLE TWEEKAMP PRESTEER BY INTERPROVINSIALE KAMPIOENSKAP

Hoërskool Durbanville het die naweek van 4 Februarie 2023 die WP verteenwoordig by die Interprovinsiale Tweekamp Kampioenskap in Oudtshoorn.

Durbanville het vir die tweede agtereenvolgende jaar die WP by hierdie kampioenskap verteenwoordig. Twee Durbies was aangewys as WP spankapteine – Mila Aucamp en Emihl Rossouw (Oud-Durbie).

540 Atlete van 8 provinsies het deelgeneem aan hierdie kampioenskap. 

Callum Koekemoer behaal goud in die seuns o17 kategorie en Mila Aucamp silwer dogters o17. Emihl Rossouw (Oud-Durbie) wen brons in die mans afdeling, terwyl Lize-Ahn Aucamp (Durbie fisio) goud in die Vroue Meesters afdeling gewen het. 

Hoërskool Durbanville behaal die algehele tweede plek in die hoërskole afdeling (eerste van die WP skole), terwyl die WP die provinsiale spankompetisie gewen het.

Baie geluk Durbies, ons is trots op julle.

#TrotsDurbanville

Agter vlnr: Christiaan Pienaar, Callum Koekemoer, Sven Gouwsventer, Eben de Jongh, Eugene Theron, Sebastien Theron, Hanru Steyn, Ivan Gouwsventer, Quinn Koekemoer, Mark Laker.

Voor vlnr: Michelle van Rooyen, Olivia Wilson, Caitlin de Kock, Mila Aucamp, Me. Anje Coetzee, Lia Assad, Ané Cloete, Lana Döman

Afwesig: Anneke Stassen