DURBANVILLE WEN SA FAST 5 NETBAL

Hoërskool Durbanville se o15 Fast 5 Netbalspan het onlangs gekwalifiseer om aan die SA Kampioenskap in Gauteng deel te neem.

Durbanville het die Wes-Kaap verteenwoordig en klop die topskole in die Noorde. Hoërskool Durbanville wen die finaal en word as SA Kampioen gekroon.

Baie geluk met hierdie puik prestasie Durbies, ons is trots op julle.

#TrotsDurbanville

Agter v.l.n.r.: Grant Daniels (afrigter) Lizmari de Jager, Mienke du Toit, Anja Mostert (onder-kaptein), Karla Vorster en Minette Roux (afrigter)

Voor v.l.n.r: Anouk Marais, Kylie van der Bergh, Anika Loubser (kaptein) en Emma Uys.