DURBANVILLER WEN ATKV NASIONALE AFRIKAANS OLIMPIADE

Hoërskool Durbanville se leerders het puik presteer tydens die ATKV Junior Afrikaans Olimpiade

Angelique Myburgh is nie net aangewys as die provinsiale wenner nie, maar sy wen ook nasionaal die kompetisie vanjaar.

Die Durbies eindig as volg:
Angelique Myburgh – 1ste provinsiaal & 1ste nasionaal
Mari van Zyl – 2de provinsiaal
Genevieve Myburgh – 3de provinsiaal
Chris de Wit – 7de provinsiaal
Lisa de Lange – 11de provinsiaal

Hoërskool Durbanville bekleë dus die top 3 posisies op provinsiale vlak in die ATKV Junior Afrikaans Olimpiade.

Baie geluk Durbies, ons is trots op julle.

#TrotsDurbanville