DURBIES GHOLF PRESTEER BY JUSTIN HARDING INVITATIONAL

Hoërskool Durbanville gee tans pas aan in Gholf in die Noordelike Voorstede.

Dié skool is die enigste skool in die Noordelike Voorstede wat spog met spanne in al die WP liga’s en is tans die voorlopers in die WP Premierliga.

Hoërskool Durbanville se Eerste Gholfspan het onlangs aan die Justin Harding Invitational deelgeneem. Die top Gholfskole van die WP en Boland het die geleentheid gehad om teen mekaar kragte meet.

Durbanville eindig algeheel in die derde plek. Durbanville eindig derde in die Pinehurst afdeling en eerste in die houespel afdeling. Henru Walters eindig in die eerste plek in die houespel afdeling met -7.

Baie geluk Durbies, ons is trots op julle. 

#TrotsDurbanville