DURBIES NETBAL EINDIG 6DE BY WILDEKLAWER TOERNOOI

Hoërskool Durbanville Netbal het vanjaar hul debuut by die Wildeklawer toernooi gemaak en behoorlik stem dik gemaak.

Durbanville klop Paarl Gimnasium, Bloemhof, La Rochelle, Waterkloof en speel gelykop teen Helpmekaar.

Ongelukkig het ons vasgeval teen Oranje Meisies en in die uitspele met 20-22 teen Helpmekaar.

Durbanville eindig algeheel 6de onder van die land se top Netbalskole. 

Baie geluk Durbies, ons is trots op julle.

#TrotsDurbanville