GROOTSTE INTERSKOLE STRYD IN DIE NOORDELIKE VOORSTEDE

Hoërskool Durbanville het vanjaar die jaarlikse Interskole teen Stellenberg aangebied.

Hierdie Interskole stryd, word tradisioneel beskou as die grootste in die Noordelike Voorstede en vanjaar was geen uitsondering nie.

Stellenberg het die Landloop, Junior Skaak, o19A Dogtershokkie en o19A Rugby wedstryde gewen.

Durbanville het die Gholf, Senior Skaak, Junior- en Senior Debat, o19A Seunshokkie en o19A Netbal gewen.

Aantal spanoorwinnings:
Durbanville 37-28 Stellenberg

Dankie vir die goeie gees waarin hierdie twee top skole kan deelneem en meeding, ons het groot waardering.

#TrotsDurbanville