Jongste Nuus

GROOTSTE INTERSKOLE STRYD IN DIE NOORDELIKE VOORSTEDE

Hoërskool Durbanville het vanjaar die jaarlikse Interskole teen Stellenberg aangebied. Hierdie Interskole stryd, word tradisioneel beskou as die grootste in die Noordelike Voorstede en vanjaar was geen uitsondering nie. Stellenberg het die Landloop, Junior Skaak, o19A Dogtershokkie en o19A Rugby wedstryde gewen. Durbanville het die Gholf, Senior Skaak, Junior- en Senior Debat, o19A Seunshokkie en …

GROOTSTE INTERSKOLE STRYD IN DIE NOORDELIKE VOORSTEDE Read More »

TIENERTONEEL

Hoërskool Durbanville Tienertoneel se produksie, Die S-effek het gekwalifiseer vir die ATKV Landsfinaal. Baie geluk Durbies, ons is trots op julle. #TrotsDurbanville

DURBANVILLE KOOR WEN TYGERBERG EISTEDDFOD

Hoërskool Durbanville Koor wen die Tygerberg Eisteddfod (gemengde kore) met 92,33%. Dit was ‘n betowerende aand met Kore van hoogstaande gehalte wat die verhoog saam met ons gedeel het. Hoërskool Durbanville se Koor klanke het deur die saal ge-eggo! Ons is trots op julle harde werk. #TrotsDurbanville

DURBIES WEN MINI WORLD CUP NETBAL

Hoërskool Durbanville se o15A Netbalspan het onlangs die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mini World Cup in Gauteng. Durbanville het Fiji verteenwoordig by vanjaar se toernooi en dus in hul kleur deelgeneem.  Hoërskool Durbanville eindig eerste in die Wes-Kaap en wen goud by die nasionale toernooi.   Baie geluk Durbies, ons is trots op julle. #TrotsDurbanville

DURBIES NETBAL EINDIG 6DE BY WILDEKLAWER TOERNOOI

Hoërskool Durbanville Netbal het vanjaar hul debuut by die Wildeklawer toernooi gemaak en behoorlik stem dik gemaak. Durbanville klop Paarl Gimnasium, Bloemhof, La Rochelle, Waterkloof en speel gelykop teen Helpmekaar. Ongelukkig het ons vasgeval teen Oranje Meisies en in die uitspele met 20-22 teen Helpmekaar. Durbanville eindig algeheel 6de onder van die land se top …

DURBIES NETBAL EINDIG 6DE BY WILDEKLAWER TOERNOOI Read More »

DURBANVILLE WEN T4J TENNISTOERNOOI

Hoërskool Durbanville is vir die tweede agtereenvolgende jaar die T4J Tenniskampioene.  Durbanville het sy titel suksesvol verdedig en eindig dié toernooi, onoorwonne. Baie geluk aan ons spelers en afrigters, ons is trots op julle. #TrotsDurbanville

DURBANVILLE WEN WP TWEEKAMP SKOLELIGA

Hoërskool Durbanville se Tweekampers het vanjaar weer puik presteer. Durbanville wen vir die tweede agtereenvolgende jaar die WP Tweekamp Skoleliga en sal die WP by die SA Kampioenskap verteenwoordig.  Ons wens ons Durbies alle sterkte toe met hul voorbereiding. #TrotsDurbanville

DURBANVILLE WEN INTERSKOLE TENNIS

Hoërskool Durbanville se 1ste Tennisspan speel weer vanjaar kookwater tennis.  Durbanville het vanjaar skoonskip gemaak in die Interskole wedstryd teen Stellenberg en ween 12-0. Durbanville klop daarna vir Rondebosch Boys High met 10-2. Baie geluk aan ons seuns en afrigters met hul harde werk.  #TrotsDurbanville